Springbok-afrigter verdedig sy spankeuse ná nederlaag teen Wallis

Rugby: Springbok-afrigter, Jacques Nienaber het sy spankeuse van oorwegend onervare kombinasies verdedig na ʼn slordige, dog naelskraapse nederlaag teen Wallis in Bloemfontein. Daar was vrae of die reeks eers vasgemaak moes wees voor daar na diepte gekyk word. Nienaber het daarop gewys die All Blacks en Australië het hul beste 15-talle gebruik en steeds verloor teen Ierland en Engeland onderskeidelik en bevind hulle nou in dieselfde posisie as die Springbokke. Hy sê die verskil is die Bokke het meer antwoorde.