Boris verkeer in uiters warm water…

Britse premier Boris Johnson is in die spervuur. Drie kabinetsministers het Woensdag bedank wat die totale bedankings in die Konserwatiewe Party op 44 te staan bring. Intussen het Johnson Michael Gove, die staatssekretaris afgedank na hy hom ‘n slang genoem het omdat Gove ‘n beroep op Johnson gedoen het om te bedank te midde van die talle skandale tydens sy amp. Die leier van die opposisie Arbeidersparty, Sir Keir Starmer, sê nie net Johnson moet waai nie, die hele Konserwatiewe Party moet weg.