Township-toerisme word in Kaapstad aangemoedig

Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese groei, James Vos, sê plaaslike toerisme moet aangemoedig word om meer plaaslike en internasionale toeriste te lok. Dit volg op ‘n besigtigingsgeleentheid deur die La Gu Gu-townshiptoer in Langa, Gugulethu en Khayelitsha. Vos sê die toer is ‘n geleentheid om ‘n verskeidenheid gemeenskapstoerisme-ondervindings in Kaapstad te sien en hoe sy departement kan bydra om hulle te integreer by die groter stadsbestemmings-aanbod.