Nog ‘n massaskietvoorval in die VSA

‘n Massaskietvoorval het Maandag, tydens die Amerikaanse 4 Julie herdenking van onafhanklikheid in Chicago voorgekom. ‘n Gewapende man wat op ‘n dak gesit het, het losgebrand op ‘n parade in die stad se Highland Park-voorstad. Ses mense is dood en 36 is beseer. Hy is etlike ure daarna aangekeer en as Robert E Crimo III, 22 jaar oud, geïdentifiseer. Hy het meer as 200 skote afgevuur. Die skietvoorval, wat weereens kinders geteiken het, is die jongste in talle onlangse gebeure en nie ‘n week het vanjaar in die VSA verbygegaan sonder a massaskietvoorval nie.