Vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vind einde Julie in Windhoek plaas

Die vierde Afrika Jeug in Toerisme-beraad vind vanaf 27 tot 29 Julie 2022 in Windhoek plaas. Die beraad sal hoofsaaklik op jeug-entrepreneurs in die toerisme-sektor fokus. Dit word aangebied deur die Namibiese toerismeministerie in samewerking met die Verenigde Nasies se Toerisme-organisasie en BDO Suid-Afrika Toerismevennote. Die beraad sal onder die tema gehou word “Developing Youth and Innovative Entrepreneurship Solutions for Inclusive Tourism Recovery in Africa”. Gitta Paetzold van die Gasvryheidsvereniging van Namibië gesels met Kosmos 94.1 Nuus.