Pous Franciskus ontken gerugte oor sy bedanking

Pous Franciskus het berigte dat hy beplan om in die nabye toekoms te bedank, verwerp en gesê hy is op koers om Kanada hierdie maand te besoek en hoop om so gou moontlik daarna na Moskou en Kiëf te kan gaan. Die pous het ook gerugte ontken dat hy kanker het, en geskerts dat sy dokters vir hom niks daarvan vertel het nie. Hy het vir die eerste keer aan internasionale nuusagentskappe besonderhede gegee van die knie-toestand wat hom verhinder het om sommige van sy pligte uit te voer.