Erfenisraad soek huurder vir Das Alte Fort op Groofontein

Die Nasionale Erfenisraad van Namibië het ‘n beroep gedoen op belangstellendes wat die Das Alte Fort Nasionale Erfenisterrein op Grootfontein wil huur. Die geskiedkundige Das Alte Fort is in 1896 as ‘n vesting vir Duitse Schutztruppe opgerig en in 1904 is die toring bygevoeg. Die gebou is daarna as ‘n skoolkoshuis gebruik en later as ‘n toevlugsoord vir Angolese vlugtelinge. ‘n Beampte van die Erfenisraad, Jurgen Kuhanga, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.