NWR en Unam skenk sanitêre doekies aan Hardap-meisies

Namibia Wildlife Resorts en die Universiteit van Namibië se regstudente het saamgewerk en sanitêre doekies vir Namibiese meisies ingesamel. NWR het ook skenkings van hul gaste ontvang en hulle het saam met die studente die doekies ter waarde van 10 000 Namibiese dollar aan meisies in die Hardap-streek oorhandig. NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala gesels met Kosmos 94.1 Nuus.