Kenner sê oor Afrika, en ‘nuwe wêreldorde’

Reaksie word ontvang op aanmerkings deur President Hage Geingob by die Swapo-party se beleidskonferensie die naweek. Geingob het afgevaardigdes gemaan dat ‘n nuwe wêreldorde op ons drumpel is en dat beleid dit in ag moet neem. Namibië en Afrika is tradisioneel geallieerd aan die Ooste en met die oorlog in die Oekraïne, wil dit voorkom asof alles gaan verander, maar Namibië het steeds die Weste ekonomies nodig. Kosmos 94.1 Nuus het met professor Andre Duvenhage oor die kwessie gepraat.