Namdia, Hamutenya en die Arbeidskommissaris – dis nou sub judice

Namdia se skakelbeampte Beverley Coussement sê in ‘n verklaring dat na aanleiding van sy verklaring op 29 Junie dat die uitvoerende hoof beampte van Namdia, Kennedy Hamutenya, se termyn amptelik op 30 Junie ten einde loop, en verskeie koerantberigte daarna, dat Hamutenya ‘n dispuut verklaar het. Coussement sê Hamutenya het reeds op 30 Junie die arbeidskommissaris in die verband genader en dus, is alle kwessies tot betrekking met sy amp, sub judice en geen verdere kommentaar kan daarop gelewer word nie.