Geen party het Namibië bevry nie

Die leier van die Independent Patriots for Change Panduleni Itula het wenkbroue laat lig toe hy oor die naweek gesê het dat diegene wat vis en tjips in Londen en New York geniet het, wil nou hê strate moet na hulle vernoem word omdat hulle die land bevry het. Kosmos 94.1 Nuus het die nasionale voorsitter van die party Brian Black gevra wat die IPC se standpunt rondom die stellings is en hy sê nie een enkele party het Namibië bevry nie – dit het gekom as gevolg van ‘n skikking.