Egiptiese regering beskuldig van veldtog teen vrye pers
Verslaggewers Sonder Grense het Egipte daarvan beskuldig dat hy ‘n veldtog teen joernalistiek steun deur aanvalle te borg teen vooraanstaande aanbieders en massa-media. Die organisasie beweer pro-regerings-televisie-aanbieders en regeringskoerante in die land voer die veldtog aan. Die media-waghond sê in ‘n verslag joernaliste werk in ‘n onvolhoubare omgewing en het te doen met veldtogte van haat, vernedering en laster.