Oekraïne vra Turkye se hulp met ‘gesteelde’ graan op Russiese vragskip

Die Oekraïne het versoek dat Turkye die Russiese vragskip Zhibek Zholy, wat ‘n vrag Oekraïense graan vervoer wat uit die Russies-besette hawe van Berdyansk gelaai is, aanhou. Die vragskip, wat tans in Turkye is, het blykbaar graan van Berdyansk gelaai wat aan die Oekraïne behoort. Die vrag is blykbaar 7 500 ton graan. Turkse amptenare word gevra om ‘n inspeksie te doen. Dié berigte kom na Turkye onderneem het om saam met die VN onderhandelings met die Oekraïne en Rusland te voer om die graan and sade wat in die Oekraïne vasgekeer is, uit te voer en in die mark te kry.