Kitskoswerker kry miljoene na swak dankie-geskenk vanaf werkgewer
Gebruikers van sosiale media het bykans 4,5 miljoen Namibiese dollar in skenkings ingesamel vir ‘n werknemer van ‘n kitskos-winkelgroep in Amerika toe hulle sien wat sy maatskappy aan hom gegee het na 27 jaar se diens. ‘n Werknemer van Burger King, Kevin Ford, het ‘n video op Instagram geplaas om te wys watter geskenke hy by sy werkgewer ontvang het – ‘n herbruikbare koffiebeker, ‘n handvol lekkers, ‘n pen en ‘n fliekkaartjie. Hy het vir elke item “dankie” gesê. Die video is meer as twee miljoen keer gekyk en Ford se dogter, Seryna, het ‘n GoFundMe-rekening geopen. Dit het gelei tot hierdie groot neseier.