Almal moet meer aan wapens bestee… Putin moet gestuit word

Die Britse eerste minister, Boris Johnson, sê daar moet by ‘n gevaarliker en meer mededingende wêreld aangepas word deur lidlande se begrotingsbesteding van twee-persent tot 2,5 persent te verhoog. Hy het by die Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie se konferensie in Madrid gepraat. Johnson sê tensy hulle die regte uitkoms in Oekraïne kry, sal die Russiese President Vladimir Putin in ‘n posisie wees om verder aggressief op te tree teen ander dele van die voormalige Sowjet-Unie: