Konflik met wilde diere is almal se probleem

Die Namibiese ekoloog dr. Peter Cunningham het gereageer op die aankondiging van die Namibiese ministerie van die omgewing wat sy nuwe plan vir mens-dier konflik en wildmisdaad die week van stapel stuur. Volgens ‘n verklaring deur die ministerie se woordvoerder Romeo Muyunda, word ‘n nuwe geïntegreerde program, wat kyk na beide konflik met wilde diere en wildmisdaad in verskeie brandpunte regoor die land, geïmplementeer. Dit word saam met die VN se ontwikkelingsprogram uitgevoer. Die program poog om bewaring te bevorder deur beter voordele vir gemeenskappe wat saam met wilde diere bestaan moet voer, te lewer. Cunningham het sy mening in die verband so verwoord.

Volgens hom is konflik met wildlewe almal se probleem en sakelui moet ook die gesprek betree.