Rassie rooi in die gesig na daardie twiet
‘n Pornografiese twiet op SA Rugby se direkteur Rassie Erasmus se Twitter-platform het oor die naweek die wenkbroue laat lig. Erasmus, wat om verskoning gevra het, sê hy het groot uitdagings gehad om die foto te verwyder en het op sy blad gesê hy is gekaap. Hy het bygevoeg dat elke keer wat hy die foto verwyder het, het die weer opgeduik. SA Rugby het Sondag ’n verklaring uitgereik oor Erasmus se rekening wat gekaap is. Die kwessie is volgens SA Rugby reeds by Twitter aangemeld en sal hopelik vinnig opgelos word. Erasmus se rekening is steeds aktief op Twitter.