Die Bidens hou vakansie op… Rehoboth
Die Amerikaanse President Joe Biden en sy vrou Jill is Saterdag kortstondig uit hul vakansiehuis ontruim nadat ‘n klein private vliegtuig per abuis die beperkte lugruim oor Rehoboth Beach, Delaware, binnegegaan het. Ja. Rehoboth Beach, in Delaware in die VSA. Die vliegtuig is onmiddellik uit die beperkte lugruim begelei en ‘n voorlopige ondersoek dui dat hy nie die kennisgewings vir vlieëniers nagegaan het nie. Die lugruim is verbied. Die voorval het verwarring veroorsaak in die middestad van Rehoboth Beach op ‘n besige naweek, met die presidensiële motorstoet wat deur die stad gejaag het voordat dit na die Bidens se woning teruggekeer het. Die punt van die storie? Die Bidens hou vakansie op Rehoboth.