Nam se oliebronne: Hervorming is van kritiese belang
Die ontdekking van olie aflandig aan Namibië se kus, amper 13 miljard vate ru-olie in totaal, sal volgens kenners ‘n beduidende positiewe invloed op die land se ekonomie hê. Daar word beraam dat BBP-groei teen 2050 kan verdubbel met die regering wat ongeveer 40 miljard Amerikaanse dollar daaruit sal verdien. Dit kan lei tot ‘n toename in staatsbesteding, werkskepping en infrastruktuurontwikkeling, sowel as beleggings in ander sektore van die plaaslike ekonomie. Maar kenners meen hervormings uit ‘n regulatoriese, fiskale en ekonomiese oogpunt sal egter geïmplementeer moet word om te verseker dat die ontdekkings Namibië se ekonomiese doelwitte versnel. Namcor sal gemoderniseer moet word sodat sy bedrywighede en struktuur aan internasionale standaarde voldoen, terwyl die ontwikkeling van die energievoorsieningsketting versnel word en plaaslike inhoudontwikkeling geprioritiseer word.