Gaan Namibië se volgende President jonk wees?

Die kwessie van wie dr. Hage Geingob as staatshoof van die Swapo-party moet opvolg, is ‘n warm gesprekspunt. Stigtersvader en oud-president van die party, Sam Nujoma het ‘n beroep op die party gedoen om te verenig en na jongmense te kyk en hulle in partyleierskap te integreer. Politieke ontleder, dr. Phanuel Kaapama, het aan Kosmos 94.1 gesê as ‘n mens na die vereistes van die party kyk, sal daar ‘n behoefte wees dat sommige reëls van die party verander moet word.