Kelly Khumalo se prokureur gaan aansoek indien oor skokkende bewerings
Die Suid-Afrikaanse sanger Kelly Khumalo se prokureur Magdalene Moonsamy sê hulle gaan ‘n aansoek indien teen die bewerings deur die verdedigingsprokureur, Malesela Teffo, in die Noord-Gautengse hooggeregshof in Pretoria. Teffo, wat die advokaat vir die eerste vier beskuldigdes is, het gesê hy sal ‘n ooggetuie bring wat kan getuig dat Khumalo haar kêrel, Bafana Bafana-doelwagter Senzo Meyiwa, in 2014 per ongeluk geskiet het. Moonsamy het aan gesê hulle kan nie wag om die ooggetuie se getuienis te hoor nie.