Armoede dra by tot statutêre verkragting in SA
Vroue en Mans teen Kindermishandeling sê armoede, werkloosheid en ‘n gebrek aan opvoeding is die drie grootste bydraers tot statutêre verkragting in Suid-Afrika. Die voorspraak-bestuurder, Ngaa Morombedzi, sê as daar na statistiek gekyk word, speel armoede ‘n beduidende rol in tienerswangerskappe. Sy sê verlede jaar was 23 000 meisies tussen die ouderdomme van 10 en 18 swanger. Morombedzi voeg by terwyl die land Kinderbeskermingsweek waarneem, moet daarop gelet word kinders van so jonk soos tien jaar oud is nie in staat om toestemming vir enige seksuele gedrag te gee nie.