Afrika-landboustrategie van stapel gestuur

Die Wes-Kaapse landbou-departement het sy Afrika-landboustrategie vir die provinsie van stapel gestuur. Volgens die LUR, Ivan Meyer, is die strategie gemik op mede-skepping binne ekonomiese ontwikkeling, werkskepping en voedselsekerheid. Meyer sê die stategie het ten doel om landbou-geleenthede in Afrika en die Wes-Kaapse landbousektor te ontsluit, sowel as tegnologie-vennote, vaardigheidsontwikkeling en opleiding. Intussen sê die hoofbestuurder van Agri-Wes-Kaap, Jannie Strydom, die regering kan ‘n deurslaggewende rol speel in die bevordering van handelsverhoudings.