SA Werkloosheidskoers daal

Statistiek Suid-Afrika sê die werkloosheidskoers het in die eerste kwartaal vanjaar tot 34,5 persent gedaal, vanaf 35,3 persent in die vierde kwartaal van 2021. Volgens die jongste statistiek het ongeveer 370 000 werksgeleenthede tussen die vierde kwartaal van verlede jaar en die eerste kwartaal van 2022 ontstaan. Die meeste werksgeleenthede is in gemeenskaps- en maatskaplike dienste, vervaardiging en handel aangeteken. Daar was wel werksverliese in privaat huishoudings, finansies, bouwerk en landbou.