Erongo: 125 padsterftes tussen 2019 en Mei 2022

Die Erongo-goewerneur Neville Andre het sy streek se skokkende padongeluk-statistieke bekend gemaak. Erongo het 1 119 padongelukke aangeteken wat tot 125 sterftes tussen 2019 en Mei 2022 gelei het. Erongo is een van die streke met ‘n hoë risiko vir sterftes en ernstige beserings van motorongelukke. Boonop is Erongo verantwoordelik vir 10 persent van alle ongelukke wat jaarliks in Namibië plaasvind, met beserings en sterftes wat onderskeidelik 9 en 7 persent uitmaak. Die meerderheid mense wat by motorvoertuigongelukke betrokke is, is tussen die ouderdomme van 21 en 35 jaar. Andre praat met Kosmos 94.1 Nuus.