Sahpra beëindig Ivermektien-beheerde toegangsprogram
Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het die Ivermektien-beheerde toegangsprogram beëindig. Dit volg nadat ‘n studie getoon het die middel slaag nie daarin om Covid-pasiënte se risiko van hospitaal-opnames te verminder nie. Sahpra sê hy sal voortgaan om wetenskaplike literatuur oor die veiligheid en doeltreffendheid van Ivermektien te monitor. Die Verenigde State se Voedsel- en Dwelm-administrasie waarsku ook teen die gebruik van Ivermektien vir Covid-19, behalwe in die geval van kliniese proewe. Ivermektien was ook baie gewild in Namibië tydens die pandemie, al is dit deur medici afgeraai.