Satawu: Transnet se raad moet pa staan vir wanbestuurMay 29, 2022
Die vervoervakbond, Satawu, sê Transnet se raad moet aanspreeklik gehou word vir die verlamming en wanbestuur by die staatsonderneming, na die inhegtenisneming van die voormalige groephoof, Siyabonga Gama en vier medebeskuldigdes. Die sekretaris-generaal, Jack Mazibuko, sê stappe moet volg teen raadslede wat saam met Gama gewerk het.