Nóg bewyse van Russiese gruweldade in Oekraïne

Die eerste onafhanklike verslag oor beweerde volksmoord in die Oekraïne kom tot die gevolgtrekking dat Rusland volksmoord aanhits wat daarop gemik is om die bevolking van die land uit te wis. Die regsverslag, wat deur meer as 30 regsgeleerdes en deskundiges oor volksmoord onderteken is, beskuldig Rusland daarvan dat hy verskeie artikels van die Verenigde Nasies se Konvensie oor Volksmoord oortree. Dit verskaf voorbeelde soos die massamoord van burgerlikes, gedwonge deportasies en die ontmensliking van Oekraïnse mense deur retoriek deur top Russiese amptenare.