Lamola het kommer oor rassisme

Die buurland se justisieminister, Ronald Lamola, het sy kommer uitgespreek oor die toename in die aantal voorvalle van rassisme in die land. Hy het gepraat by die geleentheid ter viering van die 20ste herdenking van die Derdewêreld-konferensie teen Rassisme. Lamola sê ondanks die regering se pogings om aandag te gee aan rassisme in die land, steek dit steeds kop uit. Hy het ook gepraat oor die onlangse voorval waarby studente van die Universiteit Stellenbosch betrokke was: