Windhoekers kry voorafbetaalde watermeters

Windhoek-inwoners kan nou aansoek doen vir voorafbetaalde watermeters na die bekendstelling van ‘n voorafbetaalde watermeterstelsel in Katutura se Havana informele nedersetting. Die meters sal gebruikers toelaat om hul watergebruik te beheer en munisipale skuld te vermy. Die installering van ‘n meter sal inwoners sowat 4 000 Namibiese dollar kos. Sade Gawanas, burgemeester van Windhoek, praat met Kosmos 94.1 Nuus.