Afrika-sakeberaad en -ekspo op Swakopmund aangebied
Die Afrika Ekonomiese Leierskapsraad bied vanaf vandag tot Woensdag die Discover Namibia Intra-Africa Sake-beraad by die Swakopmund Hotel en Vermaaklikheid-sentrum aan. Die hoofdoel van hierdie ekspo en sake-beraad is om samewerking tussen Afrika-entrepreneurs en sake-handelaars te bevorder in ooreenstemming met die Afrika Kontinentale Vryhandels-ooreenkoms. Die driedaagse ekspo sal ‘n maksimum van 200 afgevaardigdes huisves, insluitend regeringsministers, ambassadeurs en sake-afgevaardigdes van Afrika en die res van die wêreld. Die uitvoerende sekretaris van die leierskapsraad, Twahafa Neshuku gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die geleentheid.