Dis Wêreld-donkiedag vandag

Ter herdenking van Wêreld-donkiedag vandag het die Suid-Afrikaanse raad van professionele perde- en ruiter-personeel hulde gebring aan die DBV in die KwaZulu-Natalse Middelland. Die vereniging het onlangs meer as 100 donkies gered wat smokkelaars na Lesotho wou neem. Die diere word in die buurland geslag vir hulle velle wat dan gekook word vir die gomagtige stof wat in Oosterse medisyne gebruik word.