Orlando Pirates verloor teen Marokkane in CAF-eindstryd
Sokker: Orlando Pirates se hoop om die CAF-Konfederasiebeker-titel in te palm is daarmee heen nadat die Marokkaanse klub RS Berkane hulle gisteraand in Uyo, Nigerië, in die eindstryd geklop het. Die wedstryd was na 90 minute se speeltyd steeds sonder telling. Thembinkosi Lorch het die gelykmaker vir die Buccaneers aangeteken, maar hy het in die strafdoelstryd die doelhok gemis. RS Berkane was foutloos in die strafdoelstryd en het met 5-4 geseëvier om die trofee in te palm.