NEF sê oor vervalste goedere

Die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA, se konfiskering en vernietiging van vervalste goedere ter waarde van meer as 5 miljoen Namibiese dollar ná onwettige invoere in die land, het in massa-betogings ontaard. NamRA se kommissaris Sam Shivute het tydens ‘n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus gesê hy sal nie toelaat dat Namibië ‘n stortingsterrein vir vervalste goedere word nie. Daan Strauss, sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersvereniging verduidelik hoe hierdie vervalste goedere plaaslike winkels wat dieselfde goedere verkoop, beïnvloed.