Top Gun se opvolgrolprent reeds in 1986 bespreek

Daar is groot opgewondenheid vir die tweede Top Gun-rolprent, Top Gun Maverick. Die eerste premier ter wêreld is op 21 Mei by die Canne-filmfees en daarna maak die rolprent wêreldwyd in teaters oop op 27 Mei. Tom Cruise, natuurlik weer die held, sê die rolprent se storielyn is reeds in 1986 bespreek.