NWR vaar 44% beter in 2021-boekjaar

Die besturende direkteur van Namibia Wildlife Resorts, dr. Matthias Ngwangwama het aangekondig dat NWR sy verliese van 174 miljoen Namibiese dollar in die jaar 2020 tot 97 miljoen dollar in die boekjaar 2021 verminder het, ‘n verbetering van 44 persent of 77 miljoen dollar. Hy het gesê hulle het nuwe strategieë in plek gestel om wins te genereer. Een daarvan is die kamera by die Okaukuejo-watergat in die Etosha Nasionale Park wat groot belangstelling uitgelok het. NWR se woordvoerder, Nelson Ashipala, deel die goeie nuus met Kosmos 94.1 Nuus.