Nóg ‘n protesoptog oor vervalste goedere môre in Windhoek gehou

Na ‘n groot aantal vervalste goedere deur NamRa vernietig is en gelei het tot woedende protesoptogte teen winkels in China Town in Windhoek, sal lede van die publiek wat nie saamstem met die stap om die sogenaamde vervalste goedere te vernietig nie, môre ‘n openbare betoging hou teen ingevoerde vervalste goedere deur Chinese burgers. Die betoging sal agt-uur môreoggend plaasvind vanaf China Town na die ministeries van binnelandse sake en handel en dan NamRa voordat dit by die Chinese ambassade in die hoofstad afsluit. Die hoof uitvoerende beampte van NamRa, kommissaris Sam Shivute sê aan Kosmos 94.1 Nuus dat hulle sal aanhou doen wat hulle verplig is om te doen.