Depp-Heard se saak hervat vandag

Johnny Depp se eksvrou, Amber Heard, sal Maandag terugkeer na die na die getuiebank wanneer sy lastersaak hervat. Die saak trek baie aandag as gevolg van die grafiese bewerings van fisieke en emosionele mishandeling van beide kante sowel as opnames van gevegte en gesprekke tussen die twee. Depp, 58, dagvaar Heard, 36, vir skadevergoeding van 50 miljoen Amerikaanse dollar. Hy sê sy het hom belaster toe sy beweer het sy is ‘n slagoffer van huishoudelike mishandeling. Heard het ‘n teeneis vir 100 miljoen dollar, met die argument dat Depp haar belaster deur haar ‘n leuenaar te noem.