SA-vrou vas vir mislukte huurmoordpoging op haar man

‘n Veertigjarige vrou sal na verwagting vandag in die Kimberleyse Landdroshof in die Noord-Kaap verskyn op ‘n aanklag van sameswering om moord te pleeg. Die vrou is gister ná ‘n gesamentlike polisie-operasie in die Indiese winkelsentrum in hegtenis geneem. Sy het na bewering saamgesweer om haar man te laat vermoor. Die polisiewoordvoerder, Olebogeng Tawana, sê na ‘n week waarin die span waargeneem en intelligensie ingesamel het, is sy vasgetrek met behulp van agente wat hulle as huurmoordenaars voorgedoen het: