Johannesburg gaan agtergrond-ondersoeke op kontrakteurs uitvoer
Die Stad Johannesburg sê hulle sal agtergrond-ondersoeke uitvoer op alle kontrakteurs in ‘n poging om korrupsie hok te slaan. Die stad se burgemeesterskomiteelid vir beplanningsontwikkeling, Belinda Echeozonjoku, sê kontrakteurs het reeds 88,5 miljoen rand van kontrakte ter waarde van 200 miljoen rand bestee. Echeozonjoku sê die stad is nie tevrede met die werk wat sekere kontrakteurs doen nie en daarom is kontrakteurs wat nie presteer nie se kontrakte beëindig.