Verpleegpersoneel is gereed vir Covid, maar is regering?

Die Namibiese Verpleegsters-unie se sekretaris-generaal Junias Shilunga sê verpleegsters is gereed indien nóg ‘n Covid-vlaag die land tref. Kenners in Suid-Afrika is egter van mening dat ons hierdie winterseisoen nog ‘n golf kan verwag wat erger sal wees in vergelyking met vorige golwe. Toe die Covid-pandemie in 2019 getref het, het die meeste verpleegsters in Namibië geen persoonlike beskermende toerusting gehad nie, wat dit vir hulle uiters moeilik gemaak het om hul pligte na te kom. Shilunga sê namens die verpleegsters hulle is gereed, maar die regering moet egter hul rol speel en verseker dat daar genoeg beskermende toerusting is.