China se inperking hou olieprys steeds af

Oliepryse het vanoggend weer gestyg maar, verhandel steeds rondom 108 Amerikaanse dollar ’n vat as gevolg van kommer oor inflasie en China se Covid-inperkings wat globale groei vertraag. Die mark is steeds onder druk as gevolg van die vooruitsig van ‘n verbod van die Europese Unie op Russiese olie maar daar is wankelende vraag na die kommoditeit. Ontleders meen die prys sal onder druk bly solank soos China ingeperk is. China voer 40 persent van die wêreld se olie in.