Bywoning van GOAN-jaarvergadering stel teleur
Die Gun Owners’ Association of Namibia, oftewel GOAN, se jaarvergadering was volgens die voorsitter, Kallie Venzke, redelik teleurstellend omdat min lede dit bygewoon het. Die vereniging is in 2019 gestig om die belange van die Namibiese wapen-eienaars te beskerm. Venzke het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.