NEFF-leiers gearresteer
Epafras Mukwilongo, leier van die Namibian Economic Freedom Fighters-party, is saam met verskeie ander in hegtenis geneem te midde van die chaos in Windhoek se China Town. Die polisie se spesiale reserwemag is vanoggend by die perseel ontplooi om ondernemings te beskerm ná gister se sluiting van winkels gister, en dreigemente dat daar vanoggend dieselfde aksies sou wees. Dimbulukeni Nauyoma, ook ‘n lid van die party, is ook gearresteer. Die protes was daarop gemik om die vrylating van NEFF-lid Michael Amushelelo te bewerkstellig.