Nampol en NEFF sal vergader, wet en orde moet gehandhaaf word

Die adjunk-hoof van die Namibiese polisie, generaal-majoor Joseph Shikongo het die groep ondersteuners van Michael Amushelelo by China Town in die hoofstad toegespreek. Shikongo sê wet en orde moet in openbare spasies gehandhaaf word.

Hy sê die leierskap van die Namibia Economic Freedom Fighters sal op 17 Mei met senior lede van die polisie vergader.