Eagles vertrek vir Zim-toernooi

Die Richelieu Eagles se vyf internasionale T20-wedstryde aanstaande week teen die volwaardige toetsland Zimbabwe in Bulawayo sal opnuut die Namibiërs se talent in vreemde waters toets. Nadat die senior krieket-mansspan ‘n paar weke se blaaskans kon vat ná hul tuisreekse teen die Ierse Wolwe en Uganda in Windhoek, vertrek die Eagles komende Sondag na Zimbabwe. Hoofafrigter Pierre de Bruyn oor die belangrikheid van hierdie toer.