NEFF saai chaos in China Town

Daar was vandag chaos in China Town in Windhoek toe die omstrede lid van die Namibia Ecomic Freedom Fighters Michael Amushelelo winkels van Chinese toegemaak het. Amushelelo se optrede kom nadat die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA aangekondig het dat hy vervalste goedere ter waarde van 5 miljoen Namibiese dollar verbrand het. Amushelelo redeneer dat besighede in China Town ook met vervalste produkte smous en nie gespaar moet word nie. Só het dit vandag in China Town geklink …

Daar was ook kommer dat daar geen tekens van wetstoepassing was terwyl hierdie chaos plaasvind nie, maar hoof van die stadspolisie, Abraham Kanime, sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is hier vir die publiek se veiligheid.