Sowat 11,3% opgeleide Suid-Afrikaners wil emigreer
‘n Studie het aan die lig gebring dat 11,3 persent opgeleide Suid-Afrikaners van werkende ouderdom dit oorweeg om binne die volgende jaar of twee te emigreer. Die studie het bevind die hoofrede hiervoor is die ekonomiese en welstandsgeleenthede wat in die buiteland beskikbaar is. Die studie toon gegewe die land se bestaande vaardigheidstekort, sal dit ‘n ernstige knou vir die ekonomie inhou indien ‘n uittog van hierdie omvang sou plaasvind.