Rugby Wêreldbekertoernooi 2031 is die eerste keer in die VSA

Rugby: Die Rugby Wêreldbeker-toernooi sal in 2031 die eerste keer in Amerika plaasvind. Die spel se beheerliggaam het die gasheerlande vir vyf toernooie vir mans en vroue bekendgemaak. Australië sal die Wêreldbeker vir mans in 2027 aanbied met die toernooie vir vroue in 2025 in Engeland, in Australië in 2029 en Amerika in 2033. Deur die pronkstuk van Wêreldrugby in Noord-Amerika te skeduleer hoop beamptes die gewildheid van die sport sal in dié nie-tradisionele rugbyland uitbrei.