NEFF maak winkels in China Town toe

Die omstrede lid van die Namibia Ecomic Freedom Fighters Michael Amushelelo het die meerderheid van besighede in China Town, Windhoek, gesluit. Amushelelo se optrede kom nadat die Namibiese Inkomste-agentskap, NamRA aangekondig het dat hy vervalste goedere ter waarde van 5 miljoen Namibiese dollar verbrand het. Amushelelo redeneer dat besighede in China Town ook met vervalste produkte smous en nie gespaar moet word nie.